BRK Land & Livestock Adaptation Project

Dec 6, 2017 | Community Conservation | 0 comments

BRK Land & Livestock Adaptation Project

Report by Douglas Engelbrecht & Amanda Cloete, 14 Augustus, 2017

 

 

 

 

 

Goeie dag, my naam is Douglas Engelbrecht

Ek woon in Leliefontein in die Kamiesberge van Namakwaland

Ons gemeenskap boer met skaap en bok op meent grond.

Ek wil altyd graag met boere gewerk het en die BRK Klimaatsverandering Projek het my die geleentheid gegee om dit te doen.

Ek en Desmond, die plaaslikke moniteerde in Nourivier leer van Jozua af, en werk dagliks saam met die boere en herders om nuwe kennis met hulle te deel, en om hulle te ondersteun met oor plaatjies, weeg van kudde, doseering, veld moniteering, en nou onlangs met verskuifbare kraale en opleiding van jeug.

Die doel van ons projek is basies om boere te help met klimaat verandering aanpassing deur:

  • nuwe kennis in te bring
  • nuwe genetieke in te bring
  • weidings pilots uit te voer
  • om jeug betrokke te kry
  • en die BRK se kapasiteit te bou.

Wat werk goed?

  • Opleiding van plaaslike moniteerders

 

Hierdie systeem werk nogal goed want Jozua kan n algemeene werkswinkel hou met boere oor “grazing planning proses” en dan kan ek en Desmond dagliks opvolg en boere ondersteun met uitvoer. As die projek klaar is sal hierdie kennis in die gemeenskap bly.

  • Nuwe genetieke (Meatmasters, Veld Bok) in te bring –

 

 

 

Die Meatmaster en Veld Bok ramme het mooi aangepas en die gemendge lammers groei vinning en hou hulle kondisie in die droogte. Boere is gelukkig daar oor.

 

  • Demonstrasies van alternatiewe maniere van dinge doen om vee en veld gesond te hou

Ek het geleer van Jozua geleer hoe om die veld “te lees”.  Van die veld moniteering kan ons duidelik sien dat baie van die reen wat val gaan nie in die grond nie  die loop af en veroorsaak erosie, ons kan ook sien dat die veld n langer rus tyd van wei nodig het – grasse groei net in die middle van bosse.

Ons is nou besig met pilots om te sien wat kan ons maak om te sorg dat soeveel water as moontlik in die veld gaan en die plante langer het om te rus.

bv. Verskuifbare kraale

Bv. Verskuifbare kraale word op geslaan en na n week weer verskuif – oor die week is die soil opgebreek en mis is in gewerk, die kraal is dan verskuif en na n week se tyd waar die kraal gestaan het kan ons sien hoe groei nuwe plantjies. Dit sal ook help om “parasites” te behandel en sal miskien “GHG emissions” verminder .

nuwe plante groei

  • Om die jeug betrokke te kry deur persoonlike ontwikkelings beplanning, en onlangs … n vernoodskap met nuwe BRK NRM span

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

  • Die BRK is besig om te groei – groei is altyd moeilik en dit kan konflik veroorsaak, veral as die tye rof is.

 

 

Die projek het die BRK gehelp om n besigheids plan te maak wat ons sal rigting gee en ons help om beter strukture en stelsels in plek te kry wat ons sal help om groei te hanteer

 

Jozua het ook vir ons gehelp om n “conflict resolution” proses in plek te kry om probleme aan te spreek en saam deur te werk om n oplossing te vind – dus  nie altyd lekker of maklik nie maar te minste het ons nou n “tool” wat ons kan help.

 


 Wat, op die oomblik, werk nie goed nie?

  • Ons ram kamp is nie veilig nie

 

Dit moet veilig gemaak word voor ons meer diere annkoop. Ons het voor gestel dat ons miskien saam met die nuwe NRM span, n pilot kan laat loop om dit meer veilig te maak – ons sal moet sien wat gebeur.

 

 

 

  • Dit het ook iets onverwags veroorsaak

 

Ons het nou net onlangs met n survey begin om na die impak van die projek te kyk oor n hele biologiese jaar (van broei tyd tot verkoop tyd). Ons moet die survey klaar maak maar dit kom uit dat omdat die ram kamp nie veilig is, hou die boere hulle ramme saam met die kudde. As n resultaat toe die nuwe ramme ingesit was, was van die oeie alreeds swanger – ons sal moet wag tot hierdie jaar om die impak van hulle nuwe ramme te sien.

 

Wat kort ons nogsteeds?

  • Meer vevoer geld om tussen Leliefontein en Nourivier te beweeg.

 

Daar is geen syn in Nourivier end it maak kommunikasie moeilik. Toe ons die projek voorstel in gesit het was daar 53 lede in die BRK en die projek het op Leliefontein gefokus. Toe ons begin het was daar oor die 80 lede, met baie in Nourivier en mees van die nuwe bestuurskomitee lede sit in Nourivier. Ons gebruik om heidige bronne om in al twee dorpe te work maar dit sal baie help as ons elke week in Nourivier kan uit kom.

 

 

  • Mense om te help met pilots – die vernoodskap met CSA en die nuwe BRK NRM span sal ons help hiermeer, dit gee ook a geleentheid om jeug betrokke te kry.

 

  • Water – om grazing mooi te beplan om die veld langer te laat rus, moet al on water punte in order wees … ons hoop dat DENK kan ons help om dit reg te kry … te minste met “new pumps” en ander toerusting.

 

  • Laastens – verandering vat tyd en ons het nog baie om te leer – dit sal n baie goeie ding wees as ons met hierdie projek, veral die moniteering en ondersteuning van boere en herders, kan aangaan vir so lank as moontlik, en ons vra asseblief vir help daarmeer.

 

Naamens die BRK wil ek hierdie kans vat om baie dankie te se vir die geleentheid wat die Adaptation Fund en al die ander rol spelers vir ons gegee het.

Dankie

Partner With Gondwana Alive and Support Work Like This

DONATE HERE